Lees ook: Bekendes geblokkeer deur anti-Israel betoging by Oscars
ISRAEL. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gister gesê minstens 13 000 “terroriste” is dood in die oorlog tussen Hamas en Israel.
Byna 31 000 Palestynse inwoners is dood sedert 7 Oktober toe Hamas Israel aangeval het. Volgens Hamas is 72% van die mense wat oorlede is vrouens en kinders. Hulle het ook gesê Israel se dodetal van militante is ‘n poging om “vals oorwinnings” te wys.
Netanyahu het gister gesê die aanval op Rafah sal voortgaan en dit sal “’n kwessie van ‘n paar weke wees” voor die ergste van die gevegte verby is.
Bronne: Reuters, The Straits Times, SABC
Lees ook: Bekendes geblokkeer deur anti-Israel betoging by Oscars





