Lees ook: Israeliese eerste minister sê minstens 13 000 ‘terroriste’ is dood
Die OVK het bevestig hulle is besig om ondersoek in te stel oor hoe die ANC en MK Party se kandidaatlyste vir die verkiesing gelek het.
Ure na die ANC en MK Party die lyste Vrydag aan die OVK oorhandig het, is die nasionale lys van 200 kandidate en van die provinsiale lyste op sosiale media gelek. Die ID-nommers van die kandidate en ander persoonlike inligting is ingesluit in die inligting wat geplaas is.
Die OVK het gesê ’n ondersoek is onderweg en hulle vermoed die inligting is deur een van hulle werknemers gelek. Hulle het gesê die lek lyk soos iets wat van hulle interne administratiewe stelsels af kom.
Die OVK het gesê addisionele maatreëls is geneem om seker te maak dit gebeur nie weer nie.
Bronne: IOL, ECR, EWN
Lees ook: Israeliese eerste minister sê minstens 13 000 ‘terroriste’ is dood





