Brekende Nuus
Afrikaans

Israel beplan steeds om Rafah in te val

Israel het Hamas voorheen gewaarsku hulle gaan Rafah inval as die gyselaars nie teen Ramadan vrygelaat is nie.

Israel beplan steeds om Rafah in te vaar

fotokrediet: Canva
Israel beplan steeds om Rafah in te vaar fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel sê SA misbruik Internasionale Geregshof vir Hamas se onthalwe

RAFAH. – Die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het Sondag gesê die beplande aanval op Rafah sal voortgaan.

Israel het Hamas voorheen gewaarsku hulle gaan Rafah inval as die Israeliese gyselaars nie teen Ramadan vrygelaat is nie. Ramadan het amptelik begin en die gyselaars is steeds nie vry nie, gevolglik het die skietstilstandsamesprekings opgehou.

Netanyahu het gesê hulle beplan dat die aanval op Rafah nie meer as twee maande sal neem nie.

Die Israeliese weermag is glo ontplooi om vir die aanval gereed te maak.

Bronne: alKhaleej Today, Reuters CNN

Lees ook: Israel sê SA misbruik Internasionale Geregshof vir Hamas se onthalwe