‘Sakerower’ binne ure deur GPF-patrolleerders vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

MPUMALANGA. – ‘n Sakerower (18), wat na bewering Vrydagoggend omstreeks 01:00 ‘n spazawinkel van ‘n buitelandse burger in Thuthukani geteiken en beroof het, is binne ure deur patrolleerders van Standerton se gemeenskapspolisiëringsforum aangekeer. Hy is daarna in hegtenis geneem.

Kol. Donald Mdhluli sê volgens inligting het die eienaar geslaap en ‘n geluid gehoor. Hy het ondersoek ingestel, waarna hy oorval, met ‘n handwapen aangerand en van ‘n onbekende bedrag geld en twee selfone beroof is.

Omstreeks 06:00 het GPF-patrolleerders inligting van die beweerde sakeroof ontvang en een van die verdagtes met ‘n vuurwapen in sy besit opgespoor. Die verdagte is in hegtenis geneem en deur die polisie vir die sakeroof en besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen aangekla.

Mdhluli sê die polisie is op soek na nog twee verdagtes en versoek die publiek om met inligting vorendag te kom. Inligting kan vertroulik gegee word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief