Twee AKA-moordverdagtes vandag weer in die hof

Lees ook :

Twee AKA-moordverdagtes vandag weer in die hof
Twee AKA-moordverdagtes vandag weer in die hof fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: AKA-verdagtes bly in aanhouding

ESWATINI. – Twee van die verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane verskyn vandag weer in die Manzini-landdroshof in Eswatini.

Die twee broers, Siyabonga en Malusi Ndimande, is verlede maand in Eswatini in hegtenis geneem na die SAPD ’n rooi kennisgewing volgens Interpol uitgereik het.

Hulle word aangekla van moord, poging tot moord en sameswering om moord te pleeg. Die twee mans word ook aangekla van die moorde op Mntimande Kunene, Nhlanhla Ngcobo en Zamokuhle Mkhwanazi-Ngcobo.

Hulle het te kenne gegee hulle is gewillig om aan Suid-Afrika uitgelewer te word. Die staatsaanklaer sal na verwagting binnekort die formele aansoek vir hulle uitlewering aan Suid-Afrika oorhandig.

Suid-Afrika het tot 26 Maart om die aansoek te doen, anders kan die verdagtes aansoek doen om borg.

Bronne: SABC, IOL, The Citizen

Lees ook: AKA-verdagtes bly in aanhouding

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief