Groblersdal – vyfde beskuldigde gee homself oor

Lees ook :

Foto: Francois van der Merwe (Bittereinders)

MPUMALANGA. – Dries Olivier, die voormalige burgemeester van Groblersdal, ook betrokke op die dag van die vreedsame optog toe Francois van der Merwe in hegtenis geneem is, het homself vandag aan die polisie oorgegee.

Francois van der Merwe van die Bittereinders en medebeskuldigde sê Olivier is in hegtenis geneem, waarna hy in die landdroshof verskyn en op borg van R5 000 vrygelaat is.

Olivier sal weer op 4 April saam met Van der Merwe, Wilem Petzer, Devon Hofmeyr en Tewie Wessels in die hof verskyn.

“Op hierdie stadium kan ek u nie meer inligting gee nie, maar ek sal julle op hoogte hou tot die beste van my vermoë.”

Lees meer hier.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief