Brekende Nuus
Afrikaans

Dlamini-Zuma begin nuwe bank

Dlamini-Zuma het verlede jaar aangekondig haar departement het opgemerk jong mense, vrouens en gestremde persone word gewoonlik uitgesluit deur finansiële instansies.

Dlamini-Zuma begin nuwe bank

fotokrediet: Canva
Dlamini-Zuma begin nuwe bank fotokrediet: Canva

Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel

Nkosazana Dlamini-Zuma, minister in die presidensie belas met vroue, jeug en gestremde persone, gaan ’n bank stig.

Dlamini-Zuma het verlede jaar aangekondig haar departement het opgemerk jong mense, vrouens en gestremde persone word gewoonlik deur finansiële instansies uitgesluit.

Sy het gesê die departement het daarom besluit om ’n bank te begin wat deur dié groep mense besit word. Die departement het verlede week aangekondig die SA Innovative Financial Services Cooperative sal in Julie loods as die Omsigtigheidsowerheid dit goedkeur.

Bronne: SA People, Briefly, BizCommunity

Lees ook: AKA-saak tot volgende week uitgestel