Glam Guru se vervreemde man vermis

Lees ook :

Foto's: Missing Children South Africa en The Pink Ladies Org.

GAUTENG. – Julius Louis Swart (59) van Bramley in Gauteng is sedert 23 Januarie vermis. Hy is die vervreemde man van die gewilde Glam Guru, Hannon Bothma.

Swart is slank gebou, weeg 80 kg, is 1.8 m lank, met groenbruin oë en swart hare met grys in. Dit is onbekend wat hy aangehad het toe hy laas gesien is.

Hy word as “weerloos” beskryf.

Enigiemand met inligting oor waar Swart hom bevind, kan speur.sers. Munyai by 076 888 4069 of by 011 445 4113 of Stop Misdaad by 08600 10111 bel.

Alternatiewelik kan The Pink Ladies Organisasie by 072 214 7439 of Missing Children South Africa by 072 647 7464 gekontak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief