NOORDWES. – Die polisie in Noordwes ontken die bestaan van babahonde met menslike kenmerke in Zinniaville naby Rustenburg.
Kol. Adéle Myburgh sê die polisie is bekommerd oor sosialemediaplasings waarin beweer word honde met menslike trekke bestaan. Volgens die plasing het ‘n tuinier die honde ontdek en sê sy verhuurder is vir die babahonde verantwoordelik.
Die polisie bevestig so ‘n insident is nie by Tlhabane-polisie rapporteer nie.
“The post is false and misleading.”
Myburgh versoek die gemeenskap weereens om nie onbevestigde inligting te versprei nie.





