Lees ook: Sanger Lira tree weer twee jaar na beroerte op
VSA. – Die Iron Man 2-aktrise, Olivia Munn (43) het bekendgemaak sy is met borskanker gediagnoseer en moes vier operasies in tien maande ondergaan.
Munn het in haar plasing op Instagram gedeel sy moes ’n dubbele mastektomie kry na sy verlede jaar met Luminal B-kanker gediagnoseer is. Sy het gesê sy wou “eers deur die moeilikste dele kom” voor sy die nuus deel.
Munn het gesê sy het uitgevind van die kanker na sy vir 90 verskillende kankergene getoets is en ’n mammogram ondergaan het. Haar toetse was negatief, maar haar dokter het haar ’n biopsie van haar borste laat doen. Sy het Luminal B-kanker in beide borste gehad. 30 dae na die biopsie moes sy ’n mastektomie ondergaan. Sy het haar plasing geëindig deur te sê sy is geseën dat hulle dit so vroeg ontdek het.
Bronne: BBC, CNN, New York Times





