KAAPSTAD, SUID-AFRIKA. – Die Protea-krieketspeler David Miller het op 10 Maart in Kaapstad met Camilla Harris getrou.
Beide van hulle, asook vriende, het foto’s van die geleentheid op hulle Instagram-profiele gedeel.
Die paartjie het die begin van hulle wittebrood by die Kings Camp in die Timbavati-natuurreservaat deurgebring. Daarna is hulle op pad na ’n verrassings-wittebroodbestemming.




Bron: Instagram, Sportstiger, News 18





