Satellietbeelde wat deur Nasa geneem is, dui aan Suid-Afrika is aansienlik minder groen as dieselfde tyd verlede jaar.
Die groep Storm Report SA het die beelde op hulle Facebook-blad gedeel. Daarin kan gesien word hoe die satellietbeeld van Maart 2023 heelwat groener is as die satellietbeeld wat in Maart vanjaar geneem is.
Die afname in reënval vanaf die ooste na die weste van die land is ook duidelik sigbaar.
Sommige sosialemediagebruikers het kommentaar gelewer oor agtereenvolgende hittegolwe wat veral die reën in die binneland weghou.
Volgens die Suid-Afrikaanse weerdiens se dataprojeksies is daar ’n duidelike afname in reënval. Hulle reënvalkaarte wys veral ’n afname in reën in die somerreënval-areas.
Die Vrystaat, Limpopo en die Noord-Kaap het volgens die data die grootste reëntekorte gehad.


Bronne: Storm Report SA, SAWS, Facebook, Nasa





