Die meeste Suid-Afrikaners is nou al gewoond aan beurtkrag. Daar is egter niks erger as om vleis of ander kos te laat ontdooi en dan te besef dat dit reeds af is nie. Al was die krag net vir twee uur af, kan dit steeds jou kos affekteer.
Hier is wenke wat jy kan volg om te verseker dat jou kos veilig na beurtkrag is:
- Moenie die yskas die heeltyd oop en toe maak nie.
- Koop net die nodigste vars produkte wat jy vinnig kan gebruik.
- Maak seker jou yskas en vrieskas is skoon en in ’n goeie werkende toestand.
- Verseël jou kos deeglik. Die kans dat dit sleg raak, sal verminder.
- Monitor die temperatuur van jou yskas en vrieskas met ’n termometer. Stel die temperatuur af indien jy opmerk dat die temperatuur te hoog is.
- Gebruik die oudste produkte eerste.
Inspekteer eers alle kos voordat dit gebruik word. Wanneer dit af ruik of lyk, is dit wys om dit eerder weg te gooi. As jy twyfel, moet dit nie gebruik nie.
Bronne: Food Safety News, HYCHEM





