
Fotokrediet: Me. Alida Buckle
Lees ook hier.
WES-KAAP. – Lorentia Lombard (31) het vanoggend vir haar beweerde betrokkenheid by die verdwyning van Joshlin Smith in die Vredenburg-landdroshof verskyn.
Eric Ntabazalila, woordvoerder vir die NVG, sê die verdagte is vir mensehandel vir uitbuiting en ontvoering aangekla.
Die saak is vir formele borgaansoek tot 25 Maart uitgestel.





