OOS-KAAP. – Die ma van ‘n babadogter wat Vrydag naby ‘n begrafnisondernemer in Lusikisiki gelos is, word gesoek.
Kapt. Welile Matyolo sê die pasgebore baba is omstreeks 18:30 gevind. Sy het ‘n weggooidoek aangehad en was in ‘n laken toegedraai.
Die baba is in die hospitaal opgeneem.
Die Lusikisiki-polisie vra enigiemand met inligting oor die baba se biologiese ma om na vore te kom.





