Verdagtes vir beweerde verkragting van jong meisies in hegtenis

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – Twee verdagtes wat van verkragting op twee meisies, onderskeidelik 6 en 17 jaar oud, in afsonderlike insidente beskuldig word, is Vrydag en Saterdag in hegtenis geneem.

Kapt. Welile Matyolo sê ‘n verdagte (30) is Vrydag vir die beweerde verkragting van ‘n meisie (6) in hegtenis geneem nadat sy in Libode vermis geraak het en daarna by die verdagte gevind is. Hy is vir beweerde verkragting aangehou en aangekla.

Tydens ‘n onverwante voorval is die gewese kêrel van ‘n 17-jarige meisie se ma in Lusikisiki in hegtenis geneem nadat die tiener glo verkrag is.

Beide die verdagtes sal in die hof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief