KWAZULU-NATAL. – ‘n Man, vermoedelik in sy 30’s, het Maandagmiddag gesterf toe ‘n sandbank meegegee het waar hy en kollegas op ‘n konstruksieperseel gewerk het.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê daar is na die toneel gehaas waar een van die werkers kritiek beseer was. Paramedici en die brandweer het met grawe en gereedskap gewerk om die mans te bevry. Nadat hulle bevry is, het een man ‘n hartaanval gehad. Ondanks KPR deur verskeie nooddienste toegepas, is die man dood verklaar.
‘n Tweede werker het geringe beserings opgedoen en het verdere behandeling geweier.
Jamieson sê die omstandighede van die insident is onbekend, maar word deur die polisie ondersoek.





