Lees ook: AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof
JAPAN. – Agt matrose is dood toe ‘n Suid-Koreanse tenkskip met akriliese suur naby Japan gesink het. Een persoon is met ligte beserings gekry en nog twee is vermis.
Die Keoyoung Sun het naby Japan gesink kort na die personeel vir hulp per radio ontbied het. Hulle was glo weens onstuimige weer geanker. Die tenkskip het 980 ton akriliese suur aan boord gehad.
Dit is onbekend wat die invloed van die suur op die oseaan sal wees, maar dit wek kommer.
Bronne: BBC, The Guardian, CBS News

