Vandag is herfsnagewening

Lees ook :

Vandag vind die herfsewening plaas. Foto ter illustrasie: Canva

Vanoggend om 5:06 het die jaarlikse amptelike herfsnagewening plaasgevind. Die son het presies in die ooste opgekom en gaan vanaand presies in die weste onder. Dag en nag is vandag wêreldwyd, in die Suidelike sowel as die Noordelike Halfrond, ewe lank.

Die herfsnagewening staan ook as herfsekwinoks bekend. Tydens die herfsnagewening vind die sonsopkoms en -ondergang vinniger as op ander dae van die jaar plaas.

Sonstrale skyn tydens enige eweningsdag loodreg op die ewenaar. Van vandag af sal die dae korter word soos wat dit nader aan die winterseisoen raak.

Bronne: Gelofte Land, Vox Weather, Earth Sky  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief