Lees ook: Prinses Kate vra om verskoning vir gedokterde foto
VK. – ’n Datawaghond ondersoek verslae dat prinses Kate se privaatheid glo oortree is deur personeel by die hospitaal waar sy ’n operasie ondergaan het. Die personeel het glo probeer om haar privaat mediese rekords in die hande te kry.
’n Personeellid het glo gesê hulle is betrap waar hulle by haar privaat mediese inligting probeer inkom het. Die kantoor van die inligtingskommissaris het bevestig hulle het ’n verslag ontvang dat iemand haar privaat mediese inligting probeer oopmaak het. Die voorval word ondersoek.
Die kantoor van die inligtingskommissaris oorsien die beskerming van data en die regulasies wat betref vryheid tot inligting in die VK.
Bronne: BBC, The New York Times, Reuters
Lees ook: Prinses Kate vra om verskoning vir gedokterde foto





