Brekende Nuus
Afrikaans

AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in hof

Siyabonga en Malusi Ndimande is verlede maand in Eswatini in hegtenis geneem op aanklag van moord.

AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in die hof

fotokrediet: Skermgreep
AKA-verdagtes in Eswatini vandag weer in die hof fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Uitleweringsaansoek ingedien vir AKA-moordverdagtes in Eswatini

ESWATINI. – Die twee verdagtes in die moord op Kiernan (AKA) Forbes en Tebello (Tibz) Motsoane verskyn vandag in die Manzini-landdroshof in Eswatini.

Siyabonga en Malusi Ndimande is verlede maand in Eswatini in hegtenis geneem op aanklag van moord. Hulle broer Lindani is in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem. Hulle is drie van sewe verdagtes verbind aan die moord op Forbes en Motsoane.

Die departement van korrektiewe dienste het die uitleweringsaansoeke aan Eswatini oorhandig.

Bronne: EWN, ECR, Briefly

Lees ook: Uitleweringsaansoek ingedien vir AKA-moordverdagtes in Eswatini