Drie verdagtes is Woensdag met skedule 5-medikasie deur die polisie se Sydenham-triotaakspan in hegtenis geneem.
Volgens die polisie was lede in die betrokke omgewing besig met patrollies toe inligting ontvang is van ‘n man wat glo medikasie en tablette aan tieners verkoop.
Die polisie is na die adres en het drie verdagtes in besit van onder meer hoesmedisyne wat kodeïne bevat en Xanax-tablette gevind. Mylan Alprazolam (soos per foto), is ‘n bensodiasepien en word gewoonlik vir die verligting van angstigheid voorgeskryf.
Drie verdagtes is in hegtenis geneem en die medikasie is gekonfiskeer.





