MPUMALANGA. – ‘n Besending dagga is Donderdag omstreeks 00:30 by Oshoek-grenspos onder ‘n vrag hout op ‘n vragmotor vanaf die Koninkryk van Eswatini ontdek. Die bestuurder (43) is in hegtenis geneem.
Kol. Donald Mdhluli sê 150 kg dagga met ‘n straatwaarde van ongeveer R630 840 en die vragmotor met nommerplate van die Koninkryk van Eswatini is gekonfiskeer.
Die deursoeking het aan Suid-Afrika se kant van die grenspos plaasgevind.
Die vragmotorbestuurder is aangekla en sal vandag in die Elukwatini-landdroshof verskyn.





