Kyk: Nuwe dokumentêr oor Andrea Venter se moord vrygestel

Lees ook :

Nuwe dokumentêr oor Andrea Venter se moord vrygestel. Foto's: Showmax

Vandag is die amptelike vrystellingsdatum van die misdaad-dokumentêr Orginal sin: My son the killer op Showmax. Die dokumentêr bied insig oor Gerhard Jansen van Vuuren wat in 2011 sy voormalige meisie, Andrea Venter, ten aanskoue van haar bure vermoor het.

Jansen van Vuuren is in 2022 uiteindelik tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy tydens sy borgtog na Brasilië gevlug het. Hy is in 2013 deur Brasiliaanse owerhede aangekeer, maar in 2015 weer vrygelaat voordat hy aan Suid-Afrika uitgelewer kon word. Hy is finaal in 2020 aangekeer.

Die dokumentêr bied ’n kykie na sy ma, Thea Pretorius, wat meer oor sy grootwordjare vertel. Sy werp lig op moontlike redes wat tot Andrea se dood kon lei.

Andrea se moord is op CCTV-kameras vasgevang. Dit wys hoe sy in haar Johannesburgse woonkompleks van Jansen van Vuuren probeer vlug totdat hy haar inhaal en met ’n mes steek.

Pretorius, wat haar seun aanvanklik gehelp het om te ontsnap, erken dat hy tot baie erger dinge in staat is.

Kyk die lokprent hier.

Andrea Venter (25) Foto: Platinum Weekly
Gerhard Jansen van Vuuren tydens een van sy eerste hofverskynings. Foto: Citizen
Gerhard Jansen van Vuuren toe hy aan SA uitgelewer is. Foto: Herald Live

Bronne: Showmax, IOL

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief