Altesaam 50 nuwe polisievoertuie in Limpopo oorhandig

Lees ook :

Foto: SAPD

LIMPOPO. – Die LUR van vervoer en gemeenskapsveiligheid, saam met die provinsiale kommissaris van die provinsie, het Donderdag altesaam 50 nuwe polisievoertuie aan verskeie stasies en eenhede in die provinsie oorhandig.

Kol. Donald Mdhluli sê Florence Radzilani, die LUR, en lt.genl. Thembi Hadebe het die oorhandiging by die Mankweng-sportgronde in die Capricorn-distrik gemaak.

Eenhede wat voertuie in ontvangs geneem het, sluit die taktiese reaksie-eenheid (TRT), die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings (FCS), veediefstal-eenheid, moord-en-roof-eenheid, kommersiële misdaadondersoekeenheid en speurders, in.

Tydens oorhandiging is klem op die belangrikheid om die voertuie in stand te hou en die diens daarvan vir optimale gebruik beklemtoon. Lt.kol. Pilusi het uitdagings van die motorhawe uitgelig en stasiebevelvoerders is versoek om behoorlike voertuiginspeksies en instandhouding te verseker. Lt.genl. Thembi Hadebe het met die nuwe voertuie die klem gelê op verbetering van dienslewering in veral die komende Paasvakansie en nasionale verkiesing wat voorlê. Hadebe het ook gesê die verantwoordelikheid vir die gebruik van die voertuie berus by polisielede sowel as die gemeenskap.

Die LUR het gesê daar moet teen misbruik gewaak word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief