Kuruman se water met E. coli besmet

Lees ook :

Kuruman-water met E. coli besmet. Foto's: AfriForum

KURUMAN, NOORD-KAAP. – Hoë vlakke van E. coli en koliforme bakterieë is onlangs in getoetste watermonsters uit Die Oog en Kuruman-rivier gevind.

Dit volg nadat die AfriForum-tak klagtes vanuit die gemeenskap oor die swak watergehalte ontvang het. Werner Strauss, die Noord-Kaapse distrikskoördineerder, het op 20 Maart drie monsters van die water geneem en laat toets.

Daar is gevind dat Die Oog en Kuruman-rivier met E. coli en koliforme bakterieë besmet is. Die Kuruman-boorgat, wat sowat 2 km van Die Oog is, se water is egter skoon.

Volgens Strauss is die dorp se rioolwerke nie op standaard nie. “Wanfunksionering van die rioolpompe laat die water dan reguit in die Kuruman-rivier vloei.”

Hy is verder bekommerd oor die invloed wat die besmette water op die ekosisteem het. “Daar waar die monsters geneem is, is kleinhoewes en plase met bokke, skape en beeste wat hierdie water drink.”

Volgens hom sal AfriForum aanhou om druk toe te pas sodat die probleme opgelos kan word.

Bronne: Gemsbok, AfriForum

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief