MOSSELBAAI, WES-KAAP. – Mosselbaai gaan weereens ’n ruskans aan twee passasierskepe bied. Die NG Explorer en Silver Cloud gaan hierdie week by die hawe aandoen.
Die NG Explorer met ongeveer 150 passasiers aan boord kan teen Donderdag verwag word. Hulle gaan net vir die middag in die kusdorp vertoef voordat hulle teen sononder weer vertrek.
Sondag sal die Silver Cloud met ongeveer 215 passasiers volg.
Die gereelde besoek van passasierskepe is ’n reuse- finansiële inspuiting vir die plaaslike ekonomie.
Bronne: Cinematic Travel SA, Facebook





