Ses mense vermoedelik dood na brug inmekaarval

Lees ook :

Ses mense vermoedelik oorlede na brug inmekaarval
Ses mense vermoedelik oorlede na brug inmekaarval fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref

BALTIMORE, VSA. – Die soektog na ses vermiste werkers wat op die Francis Scott Key-brug was toe dit inmekaargeval het, is opgeskort.

Ses werkers wat deel was van ’n nagtelike konstruksiegroep was besig om slaggate op die brug reg te maak toe ’n vragskip die brug tref. Volgens reddingspanne is die lang tyd wat die soektog geneem het en die temperatuur van die water rede om te glo die werkers is almal dood.

Die vragskipbemmaningslede het glo probeer om die anker te laat val om te keer dat hulle die brug tref na hulle skip krag verloor het. Hulle het ’n Mayday-oproep gemaak wat gekeer het dat mense oor die brug ry toe hulle besef die skip gaan dit tref.

Die polisie en FBI ondersoek die voorval, maar het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dit was ’n ongeluk.

Bronne: IOL, BBC, CNN

Lees ook: Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief