Lees ook: Rusland neem nog ‘terroriste’ in hegtenis
RUSLAND. – ’n Senior Russiese veiligheidsbeampte het Oekraïne blameer vir die aanval op ’n Moskou-konsertgebou waartydens minstens 139 mense dood is.
Die Islamitiese Staat-terreurgroep het Saterdag gesê dit was verantwoordelik vir die aanval, maar Rusland hou vol dit was Oekraïne.
Een van dié wat Oekraïne beskuldig, is die sekretaris van Rusland se veiligheidsraad. Hy het gesê dit was “natuurlik Oekraïne” na hy gevra is of dit Kiëf of die Isis-groep was wat die aanval uitgevoer het.
Wladimir Poetin het Maandag gesê die aanval is deur “radikale Islamiete” uitgevoer, maar het ook beweer hulle het ‘n verbintenis met Oekraïne omdat hulle soontoe probeer vlug het.
Kiëf het ontken dat hulle enigiets met die aanvallers te doen het.
Verskeie verdagtes, insluitend die beweerde aanvallers, is in hegtenis geneem vir Vrydag se aanval. Drie het skuld erken.
Bronne: WION News, The Citizen, Independent




