Lees ook: Vier verdagtes in terroriste-aanval in Moskou vas
RUSLAND. – Nog drie verdagtes is in hegtenis geneem vir die terroriste-aanval op die Moskou-konsertgebou.
Twee broers en hulle pa word daarvan beskuldig dat hulle die aanvallers gehelp het. Hulle sal tot 22 Mei in aanhouding bly.
Die Russiese veiligheidsdienste beweer die een man is die eienaar van die wit Renault waarin die verdagtes gevlug het. Hy het gesê hy het die voertuig ’n week voor die aanval verkoop.
Die vier beweerde skieters is Saterdag aangeval en nog sewe ander verdagtes is ook in hegtenis geneem. Drie van die beweerde skieters het skuld erken.
Die terreurgroep ISIS-K is na bewering verantwoordelik vir die aanval waarin 139 mense omgekom het. Sowat 180 mense is in die aanval beseer. Die dodetal sal na verwagting nog styg.
Bronne: The Sun, CNN, Sky News




