Lees ook: Brug in Amerika val inmekaar na skip dit tref
BALTIMORE, VSA. – Die soektog na ses vermiste werkers wat op die Francis Scott Key-brug was toe dit inmekaargeval het, is opgeskort.
Ses werkers wat deel was van ’n nagtelike konstruksiegroep was besig om slaggate op die brug reg te maak toe ’n vragskip die brug tref. Volgens reddingspanne is die lang tyd wat die soektog geneem het en die temperatuur van die water rede om te glo die werkers is almal dood.
Die vragskipbemmaningslede het glo probeer om die anker te laat val om te keer dat hulle die brug tref na hulle skip krag verloor het. Hulle het ’n Mayday-oproep gemaak wat gekeer het dat mense oor die brug ry toe hulle besef die skip gaan dit tref.
Die polisie en FBI ondersoek die voorval, maar het gesê die voorlopige ondersoek dui daarop dit was ’n ongeluk.
Bronne: IOL, BBC, CNN




