Kyk: Luislang sit vyftal ore aan

Lees ook :

Kyk Luislang sit vyftal ore aan. Skermgrepe: Ian Smit Facebook-blad

’n Video van vyf mans wat probeer om ’n luislang uit ’n watergat te trek, is onlangs op sosiale media gedeel.

In die video kan gesien word hoe een man ’n stok in die water steek. Daarna kom die slang te voorskyn, waarna die groep mans hom uit die watergat probeer trek.

Twee van die mans val egter en die groep skrik groot toe die slang na hulle “hap”.

Nuusflits het ’n navraag oor die video aan Ian Smit, wat dit op Facebook gedeel het, gestuur.

Kyk die video hier.

Bron: Ian Smit Facebook-blad

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief