Die sanger Brendan Peyper se nuutste versameling van agt liedjies is pas vrygestel. Omdat jy mag en sy nuutste musiekvideo van die snit, Madelein, is Donderdagaand na die afloop van die finale Op my Eish! -episode bekendgestel.
Die versameling liedjies sluit Madelein, Plaaspop, Lentelyf, Net nog ’n ou, Aan my sy, Soen soos wat jy dans, en Moegdans in. Dis op alle digitale platforms beskikbaar.
Madelein se musiekvideo:
Bronne: Brendan Peyper Facebook, YouTube





