HARTENBOS, WES-KAAP. – Inwoners van Hartenbos is ingelig ’n gedeelte van die Hartenbos-strand sal vandag gesluit wees omdat die Hartenbos-riviermond Donderdag oopgemaak is.
Dit word glo in belang van die publiek gedoen. Die gedeelte vanaf Hartenbos-riviermond tot by Nooitgedacht word geaffekteer. Saterdag sal die strand vanaf die Hartenbos-platform tot by Nooidgedact ook vir die publiek gesluit wees.
Swaar masjinerie gaan vir die verdere meganiese oopmaak van die mond ingespan word. ’n Bykomende kanaal, wat moontlik die hoofkanaal in die toekoms sal word, sal gegrawe word. Alle sand wat uitgegrawe word, sal suidwaarts na Nooitgedacht-strand verskuif word.
Volgens Cinematic Travel SA is die hoofdoel van die sandverwydering om seesand wat stroomop vanaf die riviermond migreer, te verwyder. Goedkeuring hiervoor is vanaf die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning gekry.
@cinematictravelsa Hartenbosstrand môre, 5 April 2024 GESLUIT! 🌊❌ Die Hartenbosriviermond is vandag oopgemaak. In belang van openbare veiligheid sal die hele Hartenbosstrand môre, 5 April, vir die publiek gesluit wees vanaf die Hartenbosriviermond tot by Nooitgedacht. Verdere bedrywighede rondom die riviermond sal op Saterdag, 6 April voortgaan. Saterdag sal die strand vanaf die Hartenbos-platform tot by Nooitgedacht oop wees vir die publiek. Lede van die publiek het moontlik opgemerk dat swaar masjinerie vanoggend, 4 April op die strand by Hartenbos bedrywig was besig om gereed te maak vir die meganiese opening van die riviermond. Die werk het omstreeks 06:30 begin waarop die suksesvolle opening van die riviermond gevolg het. Een van die opsies wat ter tafel gelê is, was om ‘n bykomende kanaal te grawe, wat dan die hoofkanaal sal word. Die sand wat tydens hierdie proses uitgegrawe word, sal suidwaarts verskuif word, na Nooitgedacht-strand. Die primêre doelwit van hierdie sandverskuiwing is om seesand wat stroomop vanaf die riviermond migreer te verwyder. Die beplande verskuiwing sal die beweging van swaar voertuie langs ‘n 1,5 km gedeelte van die strand vir minstens een dag behels. Goedkeuring vir die verskuiwing is deur die departement van omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning (DEA&DP) verleen. #CinematicTravelSA #mosselbaytourism #mosselbaaitoerisme #mosselbay #Mosselbaai #gardenroute #DiazBeach #DiazStrand #Hartenbos
♬ original sound – Cinematic Travel SA
Bronne: Cinematic Travel SA, Facebook, TikTok





