‘Beswaarmaker’ teen Zuma se kandidaatskap ontken betrokkenheid

Lees ook :

Man wat teen Zuma se kandidaatskap beswaar gemaak het ontken betrokkenheid
Man wat teen Zuma se kandidaatskap beswaar gemaak het ontken betrokkenheid fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Zuma en MK-party gaan appelleer teen OVK se besluit

Een van die mense wat in die MK-party se hofdokumente aan die verkiesingshof genoem word, het gesê hy het nie beswaar gemaak teen Jacob Zuma se kandidaatskap nie.

Die man, identifiseer as Bethuell Terrence Nkosi, het gesê sy e-pos is deur kuberkrakers binnegedring. Hy het gesê hy het nie beswaar gemaak nie en het glo nie eens daarvan geweet nie.

Die ander man, Maroba Matsapola, het erken hy het by die OVK oor Zuma se kandidaatskap beswaar gemaak.

Dit volg na die OVK verlede week aangekondig het Zuma mag nie aan die verkiesing deelneem as ’n kandidaat nie omdat hy 15 maande tronkstraf opgelê is. Die MK-party en Zuma het teen die besluit appelleer.

Hulle voer by die verkiesingshof aan Zuma is nie skuldig bevind van ’n misdaad nie, maar van minagting van die hof.

Die hof het tot 9 April om te beslis of Zuma as ’n kandidaat in die verkiesing kan staan of nie.

Bronne: IOL, Briefly, The Africa

Lees ook: Zuma en MK-party gaan appelleer teen OVK se besluit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief