Lees ook: Jacob Zuma verban van deelname aan verkiesing
Die MK-party het gister die papierwerk ingehandig om teen die OVK se besluit aangaande Jacob Zuma se kandidaatskap te appelleer. Dit na die OVK gesê het Zuma kan nie as kandidaat staan nie weens sy misdaadrekord.
Zuma is voorheen tot 15 maande tronkstraf gevonnis.
Die MK-party het gesê hulle glo nie Zuma het enigiets verkeerd gedoen nie en hy het ’n reg om hulle verkiesingskandidaat te wees. Volgens die party het die OVK nie die jurisdiksie om te besluit wie ’n kandidaat mag wees nie.
Zuma het tot gister kans gehad om te appelleer teen die OVK se besluit om hom van die kandidaatlys te verwyder. Die verkiesingshof sal volgende week ‘n besluit oor die aangeleentheid neem.
Bronne: IOL, EWN, The Citizen





