Lees ook: ‘E-tol kan so vroeg as volgende maand geskrap word’ – Lesufi
GAUTENG. – Die amptelike skrap van die e-tolstelsel sal vanaf 23:59 op 11 April begin. Dit volg op ‘n ooreenkoms tussen die tesourie en die Gautengse provinsiale regering.
Volgens die ooreenkoms sal die tersourie 70% van Sanral se uitstaande R43 mjd. skuld betaal, wat R30.1 mjd. beloop. Die probleem is tesourie se geld kom van belasting, insluitend inkomstebelasting, VAT en invoerbelasting.
Die Gautengse provinsiale regering sal die res van die geld betaal. Hulle kry die meeste van die geld uit provinsiale belasting en voertuiglisensiegeld.
Dit is onbekend of motoriste die e-tolggeld wat hulle moes betaal, sal terugkry. Die paaie sal steeds nasionale paaie wees.
Bronne: My Broadband, The Citizen, IOL
Lees ook: ‘E-tol kan so vroeg as volgende maand geskrap word’ – Lesufi





