Twee vonnisse vir statutêre verkragting opgelê

Lees ook :

Foto's: SAPD

NOORD-KAAP. – Na twee aparte insidente waartydens minderjarige meisies, beide 13 jaar oud, verkrag is en een verwagtend was, is die beskuldigdes in die Carnarvon-landdroshof skuldig bevind en gevonnis.

Lt.kol. Sergion Kock sê beide die ondersoeke is deur die speurders van Carnarvon-GKS hanteer.

Op 12 November het ‘n meisie (13) se pa haar omstreeks 02:00 in die verdagte (18) se huis aangetref. Die slagoffer het beken sy en die verdagte het konsensuele omgang gehad en sy was swanger. Die verdagte is in hegtenis geneem, skuldig bevind en op 3 April tot ses jaar tronkstraf, in geheel vir vyf jaar opgeskort, gevonnis.

In die tweede voorval op 27 Januarie is nog ‘n meisie (13) in ‘n shanty van ‘n verdagte (21) gevind. Die slagoffer het ook erken dat sy tot seksuele omgang ingestem het. Die verdagte is in hegtenis geneem en op 3 April tot ses jaar tronkstraf, in geheel opgeskort tot vyf jaar, gevonnis.

Beide die skuldiges se name word in die nasionale register vir seksuele oortreders aangeteken.

Speur.sers. Marlon Eksteen en speur.konst. Dineo Pojteng is vir hul ondersoekwerk en vonnisoplegging in die sake geprys.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief