Lees ook: Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het
KAAPSTAD. – ’n Passasierskip het gisteroggend met ’n vragskip in die Kaapstad-hawe gebots.
Die passasierskip Ambience van die VK se Ambassador Cruise Line het probeer om by die hawe vas te meer vir ’n geskeduleerde besoek.
Geen beserings is na die botsing aangemeld nie. Die Ambience het veilig by die hawe ingegaan en is toegelaat om dit weer te verlaat.
Ambassador Cruise Line het aan News24 gesê hulle vermoed sterk winde en groot branders het ’n rol in die botsing gespeel.
Bronne: The Citizen, IOL, TimesLIVE
Lees ook: Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het





