Brekende Nuus
Afrikaans

Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het

Ses konstruksiewerkers wat besig was om slaggate reg te maak is vermis en vermoedelik dood na die Francis Scott Key brug inmekaargeval.

Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het

fotokrediet: Skermgreep
Twee liggame gevind na brug in Amerika inmekaargeval het fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Ses mense vermoedelik dood na brug inmekaarval

BALTIMORE, VSA. – Twee liggame is in die Patapsco-rivier gevind na die Dali-vragskip ’n brug in Baltimore getref het en dit inmekaargeval het.

Ses konstruksiewerkers wat besig was om slaggate reg te maak, is vermis en vermoedelik dood na die Francis Scott Key-brug inmekaargeval het.

Die liggame van Alejandro Hernandez Fuentes en Dorlian Ronial Castilla Cabrera is in ’n rooi bakkie in omtrent 25 voet water gevind.

Reddingspanne het nou die soektog na liggame opgeskort. Owerhede het gesê sonaropnames wys die konstruksiewerkers se voertuie en liggame is in die brug en beton vasgekeer.

Die skip se bemmaningslede word vandag oor die ongeluk ondervra.

Bronne: STV News, Daily Maverick, BBC

Lees ook: Ses mense vermoedelik dood na brug inmekaarval