Lees ook: Vark se hart suksesvol in sterwende man oorgeplant
VSA. – Die eerste man op wie ‘n geneties aangepaste varknier oorgeplant is, is uit die hospitaal ontslaan.
Richard Slayman (62) het twee weke gelede ‘n geneties aangepaste varknieroorplanting gekry. Hy het ernstige niersiekte en het ‘n oorplanting nodig gehad om te oorleef. Slayman het in 2018 ‘n menslike nier ontvang, maar dit het teen verlede jaar nie meer gewerk nie.
Dit is toe die voorstel gemaak is om ‘n varknier in Slayman oor te plant. Dokters het agterna gesê die operasie was suksesvol.
Twee ander pasiënte in wie varkharte oorgeplant is, is ‘n paar weke na die oorplantings oorlede.
Bronne: BBC, Metro, CNN
Lees ook: Vark se hart suksesvol in sterwende man oorgeplant





