Lees ook: Jacob Zuma mag as kandidaat staan, beslis hof
JOHANNESBURG. – Jacob Zuma verskyn vandag in die hof vir sy privaat saak teen president Cyril Ramaphosa.
Zuma het Ramaphosa beskuldig daarvan dat hy glo nie teen aanklaer Billy Downer en joernalis Karyn Maughan opgetree het na Zuma oor hulle gekla het nie. Hulle het na bewering Zuma se mediese inligting gedeel wat die National Prosecuting Authority Act oortree.
Zuma is vandag in die hof om seker te maak sy privaat saak bly op die rol sodat hy Ramaphosa kan aankla. Sy saak is verlede jaar opsygesit. Hy het appelleer en weer verloor.
Bronne: SABC, The Citizen, TimesLIVE





