’n Video van ’n trok wat in ’n tonnel in Suid-Afrika vasgekeer is, het sosialemediagebruikers aan die gons.
In die video kan gesien word hoe die stilstaande trok se bokant nie die draai in die tonnel gaan maak nie.
Lesers het raad gegee oor hoe om die penarie op te los. Een het genoem dat hy die bande sou afblaas om die hoogte van die trok te verlaag. ’n Ander gebruiker het klem op die korrekte lisensies vir trokbestuurders gefokus.
Dit is nie duidelik waar die voorval plaasgevind het nie.
SA Trucker het die volgende video op sosiale media geplaas:
Stuck! pic.twitter.com/mS7HD46Z3k
— SA Trucker (@rsa_trucker) April 11, 2024
Bronne: SA Trucker, Twitter





