TSHWANE, SUID-AFRIKA. – ’n Brand wat Woensdag om 11:50 by die Raslouw-substasie in Pretoria uitgebreek is, is glo deur rotte veroorsaak wat deur die kabels gekou het.
Inwoners was vanaf Woensdag tot Donderdagoggend in sekere dele sonder krag.
Volgens Charles Mabaso, woordvoerder van Tshwane-nooddienste, is die brand deur ’n kortsluiting veroorsaak. Rotte by die substasie het glo deur die kabels gevreet en tot die kortsluiting bygedra.
Hy sê ook daar is ’n foutiewe kabel na die Sunderland Ridge-rioolsuiweringsaanleg ontdek.
Teen Donderdagmiddag het Sunderland Ridge, Amca, Peachtree en Lekkerhoekie nog nie krag gehad nie. Die kragtoevoer na Raslouw, Heuwelsig, Celtisdal en Monavoni is egter herstel.
Bronne: Pretoria Rekord, The Citizen, Tshwane Emergency Services





