KYK: Seekoei uit natuurreservaat kuier in Grassy Park

Lees ook :

Foto: Skermgreep van video-opname Cape of Good Hope SPCA

WES-KAAP. – ‘n Seekoei van die Rondevlei-natuurreservaat het in die naweek deur die heining van die reservaat gebreek en in Italianstraat in Grassy Park gaan wei.

Mariam Brenner het op die Proudly Grassy Park Facebook-blad gesê die seekoei het naby haar huis uitgebreek en foto’s van die heining gedeel. (Kyk onder in berig)

Inspekteur Trevor Rodney van die Cape of Good Hope SPCA Wildlife Department was in die oggendure op die toneel. Bewaarders was vervolgens binne ‘n minuut byderhand en die seekoei is met behulp van voertuie in Perthstraat na die natuurreservaat teruggejaag.

Dit het natuurlik die vraag laat ontstaan of die gras in Grassy Park groener is.

Al kom die diere so rustig voor, is ‘n waarskuwing gerig: Wees versigtig. Seekoeie beskerm hulle kalwers en is territoriaal. Met swak sig op die koop toe kan konfrontasie, skielike bewegings of net dat hulle deurmekaar voel, hulle ‘n aanval laat loods. En wees verseker ‘n seekoei kan vinniger as jy hardloop. Owerhede moet dus altyd eerder gekontak word indien hierdie spesie op ongewone plekke waar hulle nie tuis hoort nie, gesien word.

Foto: Mariam Brenner

Bronne: Cape of Good Hope SPCA, Mariam Brenner en Deogratius Jr Michael

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief