NB-Uitgewers het die wenners van hulle 2023-jeugromankompetisie aangekondig. ’n Totaal van 104 inskrywings is ontvang.
Sandy Schoeman se Chakalaka uit ’n blikkie is die wenner van die tiener- of jongvolwasse-afdeling. De Wet Hugo se Die doodgelukkige bure het die kinderverhaal-afdeling gewen.
Die beoordelaars vir manuskripte vir kinderverhale was Mia Oosthuizen, Kobus Geldenhuys en Jaco Jacobs. Marita van der Vyver, Cliffordene Norton en Susan Samuel het as beoordelaars in die tiener- of jongvolwasse-afdeling opgetree.
Elke wenner ontvang R50 000 prysgeld. Die wentitels sal deur Tafelberg en Human & Rousseau uitgegee word en behoort teen einde 2024 te verskyn.


Bron: NB-Uitgewers





