‘n Seun (16) het Maandagaand kerkgangers in Wakely, Sydney, Australië, met ‘n mes aangeval. Ten minste vier persone in die Ortodokse Christelike kerk, Assyrian Christ The Good Shepherd Church, is beseer.
Biskop Mar Mari Emmanuel en vader Isaac Royel is met nie-lewensbedreigende steekwonde na ‘n hospitaal geneem waar hulle toestand as stabiel beskryf is.
Die seun wat in hegtenis geneem is, het tydens die insident beserings aan sy hande opgedoen. Hy is deur die polisie in hegtenis geneem.
Die voorval, wat lewendig gestroom is, het onrus in die voorstad Wakeley veroorsaak.
Die aanval blyk ‘n godsdienstig-gemotiveerde terreurdaad te wees.
Bronne: BBC, 9News en The Guardian





