Brekende Nuus
Afrikaans

Forbes-familie onderskryf nie nuwe boek oor AKA en Anele nie

Die boek sal na verwagting later die maand beskikbaar wees.

Forbes familie onderskryf nie nuwe boek oor AKA en Anele nie

fotokrediet: Skermgreep
Forbes familie onderskryf nie nuwe boek oor AKA en Anele nie fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Saak teen AKA-verdagtes in Eswatini uitgestel

Die Forbes-familie het gesê hulle onderskryf nie die boek oor hulle seun Kiernan (AKA) Forbes en Anele Tembe nie.

Joernalis Melinda Ferguson het ‘n boek geskryf oor Anele Tembe en AKA se verhouding met die titel When Love Kills. Die boek sal na verwagting later die maand beskikbaar wees.

Tony en Lynn Forbes het in ‘n verklaring gesê hulle onderskryf nie die boek nie en is nie daarmee geassosieer nie.

Hulle het ook gesê die joernalis het hulle genader, maar hulle wou nie tot haar boek bydra nie. Die paar het ook gesê hulle vind die boek en die tydsbereking daarvan onsmaaklik en opportunisties.

Ferguson het gesê die storie het haar hart gebreek en die kritiek wat sy ontvang het, raak haar.

Bronne: The Citizen, IOL, Bona Magazine

Lees ook: Saak teen AKA-verdagtes in Eswatini uitgestel