Slang veroorsaak oponthoud in Japanse treinstelsel

Lees ook :

Slang veroorsaak oponthoud by Japanse treinstelsel. Illustrasie: New Straits Times

TOKIO, JAPAN. – ’n Sneltrein in Japan is Dinsdagaand vir 17 minute vertraag nadat ’n slang deur ’n passasier in die trein gewaar is.

Die slang is tussen Nagoya en Tokio op een van die bekende sneltreindienste, Shinkansen, gewaar. Dit is nie bekend of die 40 cm lange slang giftig was nie.

Geen beserings of paniek is aangemeld nie. Passasiers word toegelaat om klein troeteldiere saam met hulle op die treine te neem, maar slange word nie toegelaat nie.

’n Ander trein is vir die roete gebruik terwyl veiligheidspersoneel die slang van die trein verwyder het. Vertragings van treine is glad nie algemeen binne die Japanse treindiensstelsel nie.  

Bronne: CNN, Japan Times

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief