MPUMALANGA, SA. – Die nie-winsgewende organisasie, The Greater Kruger Environmental Protection Foundation (GKEPF), was onlangs verras toe hulle ’n hartsimbool in ’n renoster se horing gevind het tydens ’n operasie om sy horings te verwyder.
Volgens hulle is so ’n operasie altyd baie emosioneel, maar word dit gedoen in ’n poging om die renosters te red.
Hulle verbasing was groot toe hulle duskant die westelike grens van die Krugerwildtuin ’n hartsimbool in ’n renosterhoring tydens so ’n operasie gekry het.
Volgens hulle simboliseer die hart renosters en diegene wat hulle beskerm.
Hulle het die volgende foto’s gedeel:



Bron: GKEPF





